Studiemateriaal
Studiemateriaal
DIE SEWE KRUISWOORDE VAN JESUS
Ons is midde in Lydenstyd. Dit is die tyd van die kerklike jaar wat ons nadink oor die kruis van die Here Jesus, oor wat Hy vir ons gedoen het. In die Bybel lees ons van Jesus se laaste woorde wat Hy self hardop aan die kruis gespreek het. Daar is sewe kruiswoorde opgeteken. Soos Jesus aan die kruis gehang het, het Hy sewe uitsprake gemaak. Hierdie week gaan ons in kort kyk na elkeen van die sewe uitsprake of kruiswoorde van Jesus en die betekenis daarvan.
DIE SEWE KRUISWOORDE VAN JESUS
“Vader, in U hande gee Ek My gees oor.”
Lukas 23:44-46 Jesus het vrywillig Sy gees in Sy Vader se hande oorgegee. Dit was nie die kreet van ‘n verloorder nie, maar die kreet van ‘n oorwinnaar. Want dit was nie die mag van die dood, of die duiwel en Sy magte wat oorwin het nie, maar die Here wat self oor...
“Dit is volbring!”
Johannes 19:29-30 Met hierdie woorde het Jesus gesê Hy het Sy taak hier op aarde voltooi. Hy het teruggekyk op sy lewe, die doel waarvoor Hy mens geword het, om God te verheerlik, om vir ons ‘n voorbeeld te wees, om vir ons te ly en te sterf, en besef: Dit is...
“Ek is dors.”
Johannes 19:28 Hiermee kom gee die Here Jesus aan ons die uitnodiging: “Elkeen wat drink van die water wat Ek Hom sal gee, sal in ewigheid nooit weer dors kry nie.” Elkeen wat in Hom glo, se dors sal bevredig word. En die wonderlikste van alles, daardie water is in...
“Eli, Eli, lema sabagtani?” Dit is: My God, My God, waarom het U My verlaat?”
Matteus 27:45-46 Jesus het met hierdie woorde ons eensaamheid en alleenheid op Hom geneem. Die eensaamheid en godsverlatenheid wat ons sou moes verduur in die hel as gevolg van ons verlorenheid, het Hy op Hom geneem. Maar ook in die lewe kan ek in tye van...
“Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
Lukas 23:35-43 Ek is seker die mense om die kruis sou geskok gewees het oor hierdie woorde van die Here Jesus aan die misdadiger. Ook ons is deel van hierdie skare om die kruis. Ook ons sal wil sê: maar hy het sy lewe lank verkeerd geleef; daar was nie een goeie...
‘Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!’”
LUKAS 23:26, 32 - 34 Vir wie bid die Here Jesus hier? Hy bid hier vir die soldate wat Hom gegesel het; vir hulle wat Hom slaan en op Hom spoeg; vir hulle wat die rug op Hom gekeer het; vir die skare wat toekyk en skree kruisig Hom! Ja Jesus bid hier vir die totale...
“‘Daar is u seun.’ Daarna sê Hy vir die dissipel: ‘Daar is jou moeder.”
JOHANNES 19:25-27 Hoe het Maria nie die dood van haar seun beleef nie! Elke spottende uitroep en elke haatgevulde kyk na Jesus aan die kruis, moes soos vir haar verskriklik gewees het. En terwyl Jesus aan die kruis hang, sien Hy dit raak en Hy troos haar met die...
DAAGLIKSE BYBELSTUDIE
Kom ons hou stiltetyd
BYBELSTUDIE
Psalm 139
Dit is vir die moderne mens baie moeilik om stil te word. Ons is so gewoond aan agtergrond musiek, fone wat lui, tv's wat blêr en karre wat ry. Stilte maak ons ongemaklik. Miskien is dit omdat silte ons dwing om te dink en ons hou nie altyd van ons eie gedagtes nie....
Tessalonisense 5:16-18
As ons kinders is, leer ons om dankie te sê as ons bid: 'Dankie vir pappa en mamma. Dankie vir ’n dak oor my kop. Dankie vir kos en klere. Dankie vir gesondheid.' En as grootmense is dankie-sê darem iewers ook deel van ons gebed. Maar dis moeilik om dankie te sê as...
Matteus 25:31-46
Verlede week het baie mense paniek aankope gedoen. Mense ht in lang rye gestaan om trollies vol toiletpapier en ander noodsaaklikhede te koop. Selfs die rye by die drankwinkel het by die deur uitgestaan. Ons het bang geraak alles gaan opraak. Meeste mense is so...
Jakobus 4:13-17
Ek kan my altyd verstom aan mense wat so seker is van hulleself en van die lewe. Mens kry mos diegene wat vir jou met baie oortuiging kan vertel presies wat die beurs gaan doen, hoe die weer gaan wees en watter span die naweek gaan wen. Die pandemie wat ons nou beleef...
Psalm 1
In hierdie tye van onsekerheid sal daar altyd ’n klomp mense wees wat ander wil bang maak met stories en dreigemente. Mens kry gereeld video's oor die virus. Van ’n aanduiding dat dit dui op die getal 666 tot duidelike tekens dat dit die einde is. Party mense dink dat...
Psalm 23 en Johannes 10: 1-18
Op 24 Maart het ons President aangekondig dat die hele land (met uitsondering noodsaaklike dienste) in ’n tyd van inperking ingaan. Dit mag vir baie mense frustrerend wees. Ander laat dit met bekommernis oor werkers, besigheid, hulleself en hulle gesinne. Party mense...
SEWE DAE SONDER SON
Reeks oor die sewe laaste dae van Jesus Christus se liggaamlike lewe op aarde. Uitgestuur deur die Ring van Bethlehem van die NG Kerk – opgestel deur ds. Gideon Lamprecht.
Jesus se koningklike intog in Jerusalem en die betekenis daarvan vir ons vandag

Die vervloeking van die vyeboom en reiniging van die tempel

Jesus vertel in die tempel die gelykenis van die boere en die wingerd

Jesus word in Betanië met reukolie gesalf en Judas onderneem om Jesus te verraai

Jesus gaan bid in die Tuin van Getsemané

Jesus word Gekruisig

Jesus in die Graf

NG KERK BETHLEHEM OOS
Kontak Ons
Kerkkantoor
Posbus 497
h/v Ludik- en Edelingstraat,
Jordania, Bethlehem
Ure
Maandag 10:30 - 13:00
Dinsdag - Vrydag 08:00 - 13:00
Foon
058 303 4583