Die voorsanggroep het Donderdagaand, 6 Aug, ’n klomp liedjies opgeneem. Jannie en Nico Rothman het dit vir ons verwerk en ’n Facebook-skakel geskep. Die idee is dat julle tuis, Vrydagaand, 14 Aug, om 18:00 die skakel oopmaak om saam met ons ’n heerlike aand van lofsange te geniet. Daar sal ook ’n kort boodskappie wees.

Die voorsanggroep het bestaan uit twee kitare, ’n viool en ’n klarinova, en ses sangers. Ons hoop dit is vir elke een van julle ’n verrykende ervaring.